Landbou: die waarde van KI; waardebepaling vir veediefstal-eise


Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe kunsmatige intelligense-toepassings al hoe meer van waarde vir boere kan wees.

As dit kom by verslaggewing of die uitbetaling van eise weens veediefstal of siekteverwante vrektes, bly die berekening van akkurate veewaardes ’n warm besprekingspunt. Algemene benaderings wat gebruik word om veewaardes te bepaal, sluit die berekening van die markwaarde of die vervangingswaarde in.

Agri Wes-Kaap het ‘n simpleks radiofrekwensie by ICASA laat registreer om boere met ‘n kommunikasiemiddel te bemagtig, wat nie staatmaak op enige kragvoorsiening of selfoonsein nie. Die stelsel sal boere in staat stel om hulp te ontbied waar ook hulle hul in die Wes-Kaap bevind.