Landbou: hoe geen-bewerking oeste verbeter


Landbou: Saterdag 17 Februarie 2018

Geen-bewerkingslande het tydens die onlangse rampdroogtejaar op die Hoëveld, oeste van tussen ses en nege ton per hektaar gelewer, terwyl opbrengste van 2,5 tot 3,25 ton per hektaar op nabygeleë konvensionele bewerkte lande ge-oes is. Twee boere van die Bapsfontein-omgewing, wat geen-bewerking toepas, vertel vir Chris Viljoen meer hieroor.

Saterdag 24 Februarie 2018

Daar lê uitdagings voor vir geenbewerking om by te dra tot volhoubare en nog groter graanproduksie. Enkele daarvan is multispesie dekgewasse, die verhoging van die koolstofinhoud van gronde en fosfaatbeweging deur die profiel. Chris Viljoen gesels verder met twee boere van die Bapsfontein distrik op die Hoëveld en ook ‘n spesialis op die praktyk.