Landbou: Hoe veilig is ons rooivleis?


Rooivleis bly ‘n gesogte produk onder Suid-Afrikaners, maar kan hulle dit met vertroue gebruik? Koos van der Ryst van die Rooivleisprodusente-organisasie praat hieroor en oor die plaaslike abbatoirbedryf. Hy gee ook verbruikerswenke vir die feesseisoen.

Louis Steyl van Bonsmara SA het vanjaar se Syngenta Leierskapakademie bygewoon, en hy deel sy ervaring met ons.

Dr Gerhard Verdoorn vertel van ‘n bestuiwershandves wat deur Croplife SA ontwikkel is.