Landbou se planne teen energiekrisis


Die impak van beurtkrag op Suid-Afrikaanse plase word van nader bekyk. Die vordering van ontwikkelende tegnologie kom onder bespreking, en ons hoor hoe boere innoverend te werk gaan om te midde van ‘n energie-krisis kop bo water te hou. Volgens Jannie Strydom, bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, is daar genoegsame skakeling tussen georganiseerde landbou en Eskom se topbestuur. Hy gee ook ‘n oorsig oor die huidige stand van sake.

Daneel Rossouw, die hoof van Nedbank se landbou-Afdeling, sê daar is goeie nuus oor die koste van sonpanele en batterystelsels. Hy praat oor fotovoltaïese energie en die gebruik van biomassa in kragopwekking.