Die anatomie van ‘n rietdak


Christiaan Munnik van Thatchcapes vertel meer oor rietdakke op Oggend op RSG. Hy is ‘n kenner van die rietdakbedryf in Wes- en Suidkaap.

Kaapse dekriet

Hy vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die geskiedenis van rietdakke, en hoe om hierdie soort dakke te onderhou.

Die rietdak bedryf n SA word verdeel in twee dele:

1)    In Noordelike gedeeltes van ons land en KwaZulu Natal word daar verwys na grasdakke waar meestal net met gras gedek word.

2)    In Weskaap en Suidkaap verwys ons na rietdakke aangesien ons kaapste dekriet gebruik  –  wetenskaplike naam: Thamnochortus insignis

Algemene hout wat ons hier gebruik vir die struktuur is – dennehout en bloekompale word meestal gebruik saam met grasdakke.

Kaapse dekriet

Baie van ons rietdak kontrakteurs behoort aan die Dekkersvereniging van SA. Thatchscapes was ook stigterslid van die liggaam. Ons groot doel was om die standard en kwaliteit in ons bedryf te verbeter. Daar is ook baie inligting op hul webwerf oor rietdakke en die die bedryf.

Ons kaapse dekriet kom voor in Suidkaap-streek vanaf Agulhas tot by Albertinia voor Mosselbaai. Die plant groei amper soos onkruid, is baie gehard en het  min water nodig. Die bosriet word gesny elke 5-7 jaar en slegs in sy dormante staduim wat in die winter is.

Huisies in Elim

Die bedryf het in Europa ontstaan en die kundigheid is oorgebring met die sendelinge wat hulle in Suid-Afrika gevestig is en die plaaslike inwoners geleer het om te dek. Die geskiedenis van ons bedryf strek so ver terug tot 1925 toe Groot Constantia  se rietdakke in Kaap afgebrand het. Dis opgeteken dat hulle dekriet van die Albertinia area gekry het om die historiese huis te herdek.

Ons dekkers kom meestal van ‘n klein dorpie met naam Elim, een van die oudste sendingstasies in ons land.

Voordele van rietdakke

‘n Tipiese rietdak in SA

  • Natuurlike produk,
  • dit lyk mooi indien jy kwaliteit werk lewer,
  • baie goeie isolasie eienskappe,
  • skep gevoel van ruimte en spasie in vertrek met ‘n dak teen 45 grade.

Teen minimale koste en regte ontwerp kan jy jou huis spasie verdubbel in groote. Kostes vir rietdakke het ook oor die jare meer in lyn gekom met ander tipe dak-bedekking wat natuurlik baie duurder geraak het. Die kosteverskil het baie gekrimp.

Behandeling van rietdakke

Dekriet word NIE behandel nie. Dit word gesny, vir maande gedroog op die grond en dan in bondels gebind, op ‘n trok gelaai en direk op ‘n dak gedek.

Die behandeling waarna meestal verwys word is BRAND VERTRAGING BEHANDELING waar dakke gespuit word wat meestal op grasdakke gedoen word.

Die brandwerende lap word geïnstalleer

Ons algemene brandvertragings wat meestal hier gebruik word  is brandwerende lap wat in dak geinstalleer word en water sprinkler besproeiing op dakke.

Onderhoud is een van rietdakke se nadele. Mense se gevoel is dat dit baie onderhoud nodig het, maar as jy ‘n hoë standaard rietdak laat opsit, het die dak regtig nie baie onderhoud nodg nie.

Twee jaar nadat dak opgesit is, moet hy weer gekam word (herkompaksie diens).

Wanneer die dak so 10 – 12 jaar oud is, word die tweede diens gedoen wat ‘n groot diens is. Die vrot punte van riet word verwyder en weer gekam en gekompakteer.

Die dak kan daarna elke 9-10  jaar gediens word maar dit sal alles afhang van die reenval in streek (in droë streke hou dakke langer), bome wat skadu gooi op rietdak (baie nadelig) en swam infeksie op nat dakke, verkort lewe van ‘n rietdak. Geen insek

Brandbestande lapnword gelê

eet aan gewone/gesonde riet nie, wat wel gevind word, is dat as rietdakke te lank gelos word sonder onderhoud, word die riet so vrot dat insekte dit hulle broeiplek maak en die larwes eet slegs die vrot riet (nie gesonde harde riet nie).

Spesifieke regulasies vir rietdakke

Goedkeuring van planne is noodsaaklik vir enige rietdak.

Gewoonlik moet daar ‘n rasionele brand ontwerp gedoen word vir die goedkeuring van planne en seker regulasies sal geld. Bv. Daar moet ‘n veiligheid afstand wees indien die rietdak te naby aan die grensmuur opgerig word en indien die rietdak aan jou huis geheg word.

Rietdakke in ander lande

‘n Ongewone rietdakhuis in Bosbokduin

Die rietdak bedryf is baie groot in lande soos Engeland, Duitsland, Holland. Dis amper meer gewild as die gewone dakke, maar groot verskil is dat hulle altyd toe dakkonstruksie het in Europa (Geen riet word aan binnekant gesien nie) waar ons weer meestal oopdak konstruksie het (baie te doen met hul brandregulasie in Europa).

Die ander verskil in Europa is dat elke eienaar self ‘n dekker is en gewoonlik alleen op die dak werk.

Hier by ons kan die spanne uit +- 10 werkers bestaan wat elk sy eie funksie het. Die dekker werk aan buitekant , die binnesteker aan binnekant en die rietskieter gooi die riet op die dak.

Die rietdak-bedryf is ook baie gewild in Saudi Arabia waar ons nou huidiglik in Dubai rietdak-lapas opsit. Ons werk nou saam met baie bekende landskap ontwerpers in Dubai. Maar daar is baie uitdagings om so ver van huis te werk.

Bushmanskloof – spaanse riet plafon in Sederberge

Bushmanskloof – Ongelooflike mooi dak in Sederberge

DIT WAS EEN VAN DIE MEER ONGEWONE VERSOEKE VAN KLIENT – ‘n KHOI HUT

Khoi hut

Rietdak in Dubai

Rietdak in Dubai

‘n Ongewone riethuisie