Waarom nie palmolie nie?


Die reënwoude in Borneo word uitgekap om plek te maak vir palmplantasies

Palmpitolie en palmvrugolie het albei ‘n invloed op die omgewing en jou gesondheid.

Oggend op RSG het met kundiges gesels.

Palmolie en die natuur

Elma Pollard vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter impak die produksie van palmolie op die omgewing het. Die reënwoude van Borneo word uitgekap om plek te maak vir palmplantasies en die Orangutans van die reënwoude sterf uit omdat hul omgewing vernietig word.

Kyk hieronder na die advertensie teen palmolie wat so opslae maak:

Palmolie en jou gesondheid

Die verskil tussen palmsaad- of palmpitolie en palmvrugolie.

Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die verskillende soorte palmolie, hoe dit gebruik word en die gesondheidswaarde daarvan.

Kookolies en kanker

Prof. Michael C. Herbst vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat KANSA se siening is oor die gebruik van olie in die voorbereiding van kos.