Menslike leuenverklikker vertel hoe sy bepaal of ‘n kind jok


Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn oor hoe om te weet wanneer leerders die waarheid praat of nie. Wanneer daar ‘n probleemsituasie ontstaan, en jy moet uitvind wie ‘n leuen vertel, kan dit ingewikkeld raak.

Lizette Volkwyn is een van die min menslike leuenverklikkers in die wêreld, en sy spesialiseer daarin om mense te help om by die waarheid uit te kom.