‘Liefdesliedjies’ eersdaags op Sondagoggende


Luisteraars kan uitsien na ‘n musiekreeks oor liefdesliedjies wat op Sondag 20 November afskop.  Die reeks besing die vreugde en hartseer van die liefde maar bekyk oor die verskillende vorme van liefde, liefde tussen ouers en kinders, liefde vir diere maar ook liefde vir jou geboorteland. Die liefde is al deur die eeue heen die sentrale punt van musiek en van die gewildste liefdesliedjie gaan weer in hierdie reeks aandag kry. Afrikaanse liedjies oor die liefde het sy eie unieke bekoring en ons gaan ou bekendes herbesoek. Die laaste toegif van die reeks is die finale episode op Kersdag wanneer outydse liefdesliedjies vermeng word met Kersliedere.

Johann van Lill

Johan van Lill is die aanbieder van Liefdesliedjies en sal deurlopende die agtergrond van ’n liedjie vertel en gesprekke met liedjieskrywers voer. Die verbintenis van luisteraars met ’n liefdesliedjie asook uittreksels van filmklankbane sal as vertelling deel wees van die reeks.

Liefdesliedjies word 20 November tot 6 Desember op Sondagoggende net na die 10:00-nuus uitgesaai.