Luister weer na Wesville Laer


Wesville Laer, is die radiodebuut van die skrywer Nisa Smit. Dit is ‘n vrolike, prettige drama waar die spel met woorde vir heerlike vermaak en heelwat misverstande sorg!

Die skrywer se knap hantering van taal sorg vir baie snaakse oomblikke.  Dit word op 25 Mei om 20:00 op RSG uitgesaai.

Luister hier na die volledige drama:

Die storie
Na afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof, Doktor Herman Faber onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers, Karin ven Vasti, vir Juffrou Calitz in haar klaskamer.

Karin en Vasti sit glad nie langs dieselfde vuur nie, en die arme Juffrou het haar hande vol om die vrede te handhaaf.  Sy het egter haar eie bekommernis, en kan eintlik nie fokus op wat die twee op die hart het nie.  Want sy wat Juffrou Calitz is, is dalk swanger… En Doktor Herman is dalk die pa. Die probleem is net, hy is getroud!

Botha Enslin

Intussen kom dit aan die lig dat Vasti en Karin mekaar eintlik sedert hulle kinderdae in dieselfde laerskool ken.  Maar iets het die verhouding versuur. En nou ontstel Vasti, wat haarself as ‘n “medium” voorstel, se kinders vir Karin, want die twee lees handpalms. En hulle maak geld uit hulle lesings!

Karin is bekommerd dat haar kind Eli se geheim op die lappe kom – en sy is eintlik die een wat nie gereed is daarvoor nie. Dan kom die hoof by die kantoor waar die drie vroue byeen is  – en nou is dit drie teen een!

Die spelers

Mandi Baard, Izel Bezuidenhout, Estel de Beer, Johny Klein, en Botha Enslin

Die spelers is Mandi Baard (Vasti); Izel Bezuidenhout (Juffrou Calitz), Estel de Beer (Karin) en Botha Enslin as Doktor Herman Faber.  Die regisseur is Johny Klein.

Izel Bezuidenhout, Mandi Baard en Estel de Beer.