Luister weer na ‘Kontant op die kant’ oor geldmaak uit ‘side hustles’


Luister vanaand na Kontant op die kant,  ‘n dokumentêr deur Renaldo Schwarp.

Die dokumentêr, ‘Kontant op die kant’ gaan nie net oor ekstra geld maak nie; dit gaan oor die eindelose moontlikhede van ekstra inkomste verdien. Dit vertel die verhaal van hoe alledaagse Suid-Afrikaners hul eie verhale herskryf deur ‘n kantwerkie twee.

Dit is die begin van 2024, en meeste worstel met die nagevolge van Desembervakansie-uitgawes. Die universiele spanning oor geld is ‘n punt van kommer. Almal verstaan dit. Almal wil ‘n ekstra geldjie hê, en ons wil dit nou hê.

Wat van ‘n ‘side hustle’ of ‘n ‘kantjoppie’?

Renaldo Schwarp slaan die pad regoor SA om hierdie ekonomiese fenomeen in ‘n sterk kultere en historiese konteks te plaas.  Die is nie net ‘n storie oor geld of persoonlike finansies nie; dit is ‘n dokumentêr van hoe alledaagse Suid–Afrikaners oplossings vind om hulsef en hul gesinne se lewens te verbeter.

 

Wat is ‘n ‘side hustle’?

Eenvoudig gestel, is dit ‘n ekstra werksgeleentheid wat jy saam met jou gewone werk aanpak. Mense met ‘side hustles’ werk steeds ‘n 9-tot-5, wat hul hoofinkomste is, maar hul pak kantprojekte aan om ekstra inkomste te verdien in hul  vrye tyd.

‘n ‘Side hustle’ is in sekere opsigte soortgelyk aan ‘n deeltydse werk, maar dit bied ver meer beheer as om bloot ‘n sekondêre werksvorm aan te pak. Die meeste mense met ‘side hustles’ kies hul eie ure, kliënte en projekte.

Wat sê die statistieke?

In ‘n BrandMapp-peiling wat in 2022 gedoen is, is bevind 43% van mense wat meer as R10 000 per maand verdien, het ‘n ‘side hustle’.

Sowat 13% van mense benut geleenthede wat oor hul pad kom. Dit het dikwels met dienste te doen, soos deeltydse administrasiewerk, die installering van satellietskottels of veiligheidskameras, of motorwasdienste.

Sowat 5% van respondente beskou hul tweede inkomste as ‘n eerste stap in die proses om van loopbaan of nering te verander.

Byna twee uit drie mense (64%) sê hulle sal hul heeltydse werk bedank as hul tweede inkomste genoeg geld maak.

Die meeste ‘kantjoppies’ (62%) word fisiek uit die huis uit bedryf en 18% aanlyn. Die persentasie vir aanlyn inkomste is die hoogste in Gauteng (20%) en die laagste in die Noord-Kaap (14%).

Ontmoet die gaste:

In 2022 het haar ‘side hustles’ gehelp om haar dogter na Orlanda, in die VSA vir die Wereldkampioenskappe te stuur.

In die hartjie van die Rosestad ontmoet ons Caroline Kruger, bedags ‘n kredietkontroleerde en saans ‘n kragtoer-ma. Sy gebruik haar veel ‘side hustles’ om die drome van haar kinders ‘n werklikheid te maak.

Vir Caroline gaan dit nie net oor die kontant nie, maar meer om die drome en doelwitte van haar kinders aan te wakker en haar gesinsverhaal te herskryf.

Sedert 2017 het sy verskeie kantprojekte aangepak om haar inkomste aan te vul vir onder andere haar kinders se buitemuurse aktiwiteite en matriekafskeidsfunksies.

Caroline is ‘n ma van drie dogters. Haar twee oudste dogters het Protea-kleure in ‘Cheerleading’ verwerf. In 2022 het haar ‘side hustles’ gehelp om haar dogter na Orlanda, in die VSA vir die Wereldkampioenskappe te stuur.

Die sanger-akteur, Willem Botha, het al van die land se top,-modelle, akteurs en sangers afgeneem en grimeer.

Almal het van Willem Botha gehoor, nie waar nie? Die Afrikaanse sangsensasie slaan nie net hoë note op on plaaslike verhoë nie; hy maak deesdae ook naam as fotograaf en laat dames regoor SA fantasties lyk met sy eie grimeringsprodukte wat wêreldwyd aandag trek. Willem deel meer oor sy ‘side hustle’-reis en wys hoe hy mens met ‘side hustles’ passie en pragmatisme kan harmoniseer.

Willem Botha het die laaste twee jaar sy fokus van sy musiekloopbaan verskuif het na sy twee ‘side hustles’ – fotografie en grimering. Vir Willem het die ontstaan van sy ‘side hustles’ nie ontstaan uit ‘n behoefte om ektra inkomste te verdien nie, maar bloot om sy passies uit te leef en homself daarin te bemagtig.

Jeani Meyer het heelwat ysters in die vuur.

Terug in Bloemfontein klop Renaldo aand by Jeani Meyer, ‘n uitvoerende direkteur van ‘n langlopende familie-onderneming met ‘n ‘side hustle’ wat ontaard het in ‘n bloeiende klerehandelsmerk. Jeani se verhaal is ‘n plaaslike sukses, ‘n viering van tuisdorptrots, en ‘n les in hoe om ‘n ‘side hustle’ in ‘n kommersiële goudmyn te omskep.

Sy is ‘n inhoudskepper, ‘n handelsmerkspesialis, die uitvoerende direkteur van OFS Smart Repair, die stigter en skepper van ‘I LOVE BFN’, ‘n klerehandelsmerk wat haar passie vir styl en haar tuisdorp, Bloemfontein, vier. Laasgenoemde, ‘n ‘side hustle’ wat sy begin het as ‘n kreatiewe uitlaatklep – nou ‘n suksesvolle besigheid in eie reg.