Luister weer: ‘Marine-misdaad: Die slagting in ons oseane’


Marine-misdaad: Die slagting in ons oseane is ‘n dokumentêr deur Martelize Brink.

Skakel in vir ‘n ondersoekende dokumentêr oor die marine misdaad op massavlak om SA se kus. Wie vat voor om die groot probleem aan te spreek? Hoe bekamp jy ‘n misdaad wat op die diepsee gepleeg word?

Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige visvang is een van die hoofbydraers. 

 

Agtergrond-inligting

Maryke Musson is ‘n marine bioloog wat voorheen by die 2 Oseane Akwarium en Ushaka Marine World betrokke was. Sy boer tans met 2 miljoen visse in Ysland.

Kommersiele kwotas vir perlemoen is 100 ton per jaar. Dit is slegs vir wildeperlemoen. Maar volgens statistieke word meer as 2000 ton Suid-Afrikaanse perlemoen uitgevoer, geboerde perlemoen uitgesluit. Dit bly volgens Maryke Musson, marine bioloog, die grootste voorbeeld van die stroping wat om die Suid-Afrikaanse kuslyn plaasvind.

Drie groot perlemoen afpersingsake in Suid-Afrika – Staat v Blignaut; State v Miller en State v Brown – is as georganiseerde misdaad vervolg, met vonnisse van 18 tot 20 jaar wat in Maart 2018 en Maart 2019 opgelê is.

Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige visvang is een van die hoofbydraers. Aldus The Daily Maverick en die SA FishForce.

Marine-misdaad dek ‘n baie wye spektrum van dade. Dit sluit in ontwettige handel in verdowingsmiddels, mense en slawe -handel, besoedeling, wapensmokkel, seerowery, belastingontduiking, onwettige visvangste, onwettige immigrasie, smokkel van eksotiese plante en diere, marine besoedeling, onwettige vervoer en handel in toksiese stowwe.

Die sogenaamde “FishForce”-akademie is in 2016 stig om die misdaad te beveg.

Video: Burgerlike organisasies vervul ‘n belangrike rol in die beperking van onwettige praktyke. Sommige organisasies soos Sea Shepherd poog om verskeie aktiwiteite in ons oseane hok te slaan.

Gaste op die program

Martelize se gaste sluit in Prof Hennie van As, direkteur van die sentrum vir Reg in Aksie en Direkteur van die FisForce by die Nelson Mandela Universiteit, die woordvoerder van die Department Landbou en Visserye, Marine Bioloog, Maryke Musson, Wilfred Chivell, Uitvoerende Hoof van Marine Dynamics Akademie in Gansbaai en Dr Johann Augustyn, Uitvoerende Sekretaris van die SA Diepsee Treilvissery Vereniging.

Video: Pikkewyne word vrygelaat

Lees ook:

https://theconversation.com/us/topics/illegal-fishing-3340: A new study reveals that 75% of the world’s industrial fishing vessels are hidden from public view.

https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-05-02-the-abalone-connection-the-ties-that-bind-poaching-and-smuggling-with-the-sa-crystal-meth-industry/