Luister op Oukersaand en op Kersdag na Salon Musiek se Klassieke Kerskonsert


RSG Luisteraars kan vanjaar inskakel op die Salon Musiek Kerskonsert wat in 2 aflewerings op Kersdag uitgesaai word.

Linelle Wimbles

Albertus Engelbrecht

Die soliste is die sopraan Linelle Wimbles en die tenoor Albertus Engelbrecht. Die Gauteng Filharmoniese Orkes staan o.l.v. Carel Henn.

Die opname is gemaak in die M1A ateljee by die SAUK in Auckland Park met Marnus Greyling voor die pyporrel.

Marnus Greyling

’n Feestelike program van klassieke Kersfeesmusiek, vokaal en instrumentaal, is spesiaal saamgestel deur Willem Vogel, wat ook die regie van die produksie behartig.

Kersliedere soos In die stad van Koning Dawid, Cantique de Noël, Somerkersfees, Joy to the World en Heidschi bum Beidschi word afgewissel met gewyde werke uit die Messias van Handel, Agnus dei van Bizet, ’n Ave Maria uit Ysland, Allelujah vir tenoor en trompet van Fux en daar is selfs ’n uittreksel uit die Neutekraker van Tchaikovsky.

Onthou, indien mense die televisie-opnames wil sien (en nie slegs die klank, soos op radio) word die konserte ook ge-‘stream’ op  www.artmusic.tv
Die 1ste Deel word op 2 Desember vrygestel en
Die 2de Deel volgende Vrydagaand (9 Desember)
Die kaartjies vir die die TV ‘streams’ is R100 per konsert.
Die implikasie is dat die hele familie dit vir slegs R100 kan kyk.