Moenie jou kind se tande laat trek om dit te laat inpas nie!


Slaap-apnee is ‘n baie groter risikofaktor vir hart- en breinprobleme as wat dokters aanvanklik gedink het. Dit is belangrik dat dit gediagnoseer en behandel moet word, omdat jou brein tydens slaap-apnee sonder suurstof is. Jy kan hierdie periodes van suurstofloosheid vir jou brein tussen 5 en 30 keer per nag beleef. Natuurlik is dit so dat hoe meer kere jou brein sonder suurstof is, hoe groter is die risiko vir breinskade en hartaanvalle en ook vir sterfte. Slaap-apnee van 30 keer per nag is ‘n nog groter risiko as om daagliks ‘n pakkie van 30 sigarette te rook, en moet nie onderskat word nie.

Kyk na hierdie vraelys om vas te stel of jy dalk aan slaap-apnee ly, en of dit jou gesondheid benadeel. As jy meer as 3 punte het, is dit nodig dat jy ‘n kandidaat is vir ‘n slaapstudie en behandeling.
Deel 1:

Slaapapnee is ‘n baie groter risikofaktor vir hartstilstand en dood as wat dokters aanvanklik gedink het. Dit moet gediagnoseer en behandel word met dieselfde erns as hoë bloeddruk, diabetes, vetsug, lewervervetting en ander siektes wat tot hartaanvalle en beroerte kan lei.
Deel2:

Gesondheid 4 Junie 2025

Wat is die tekens in jou gesig en mond wat ‘n tandarts kan laat dink dat jy aan obstruktiewe slaapapnee ly? En hoekom moet ouers nie sommer instem dat ‘n kind se tande getrek word om sogenaamd plek te maak vir sy ‘groot’ tande nie?