Mag ongepasteuriseerde melk nog in SA verkoop word?


Mag roumelk in Suid-Afrika verkoop word en hoe word ongepasteuriseerde melk  gereguleer? Ons luister weer na die onderhoud wat ons vroeër met Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap uitgesaai het. Hy beantwoord hierdie en ander vrae oor roumelk en die toetse wat hul laboratorium doen.

Nog een van ons wenners in landbou vanjaar was Piet Roux van Prieska. Hy is as die 2023 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur aangewys. Ons kuier by hom op sy plaas, Biega, om uit te vind hoe hy klimaatslim boer.