Mag skoliere getoets word vir verbode middels?


Mag alkohol op ‘n skoolterrein wees? Mag skoliere getoets word vir verbode middels? Dís enkele vrae wat Paul Colditz, die bestuurshoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, bespreek in Regsake.

Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor die aanstelling van tradisionele leiers, ‘n skool se aanspreeklikheid vir beserings van kinders, en die ondertekeiningsvereistes van testamente.