Masels is nie kinderspeletjies nie


Hoekom is masels gevaarlik?

Dit is hoogs aansteeklik en kan tot breinontsteking en gevolglike permanente breinskade lei asook ernstige longontsteking en diarree en kan ook tot die dood lei.

Oningeënte kinders kan ander kinders en grootmense aansteek en tot hul dood lei.

Masels is in die kollig omdat uitbrekings van dié kindersiekte in verskeie noordelike en noordoostelike provinsies in ons land aangemeld is.

Dr Thandi Wessels, pediater verbonde aan die Tygerberg Hospitaal vertel meer oor masels, en ook bietjie oor kinkhoes, wat ook aan die toeneem is, en cholera.