Het jy Neanderdal-gene?


In Hoe verklaar jy dit? bespreek wetenskaplikes onder andere die volgende vraag:

Beteken ‘n prominente boggel aan ‘n mens se agterkop dat jy Neanderdal-voorsate het?

Agtergrond-inligting oor Neanderdal-mense

Het jy geweet dat mense van Europese of Asiese herkoms, sowat 1 – 2% Neanderdal-gene het? Maar dat mense van Afrika-oorsprong geen Neanderdal-gene het nie?

‘n Klein uitstulping aan die agterkop, ‘n langer skedel, plat neusbrug, swaar wenkbroukaste, ‘n plat en lang neus en ‘n wye en groot mond is maar enkele van die eienskappe wat die moderne mens van sy Neanderdal-voorsate oogeërf het. Ons het ook herpes van Neanderdallers oorgeërf, asook groter geneigdheid tot rook- en alkoholverslawing, en rooi hare en sproete.

Kyk na die interessante video’s hieronder:



Sou ‘n Neanderdal-mens só gelyk het in moderne klere?:

Sou ‘n Neanderdal-mens só gelyk het in moderne klere?

Sou ‘n Neanderdal-mens só gelyk het in moderne klere?

Sou Scarlet Johanson só gelyk het as sy ‘n Neanderdal-filmster was:

Scarlet Johanson soos sy lyk

Scarlet Johanson as Neanderdal-vrou

Die ander vrae wat in Hoe verklaar jy dit? beantwoord is, is:

  • Hoe weet miere dat hulle slegs die heuningdou-druppel wat plantluise uitskei, moet gebruik en nie die plantluis ook moet opvreet nie?
  • Hoekom hou die hare op ‘n mens se kop aan met groei, terwyl die ander liggaamshare slegs tot ‘n bepaalde lengte groei?