‘n Kenner voorspel SA se seisoenale weer tot einde Maart


Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van onlangse navorsing wat hy behartig het, en van sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2022. Hy verduidelik ook hoekom ons meer gereeld na Suid-Amerikaanse weerpatrone moet kyk om meer lig op ons eie te werp.

Dr. Leana Janse van Rensburg is ‘n staatsveearts in die Suid-Kaap verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. Sy praat oor die voorkoms van Afrika-varkpes.