‘n Rare tweeling?


Haidee gesels met die pastoor Chantell Davis wat deesdae in OosLondon woon, oor haar rare dubbel swangerskap oftewel SUPERFETASIE.

Sy was eers net bewus van een fetus in haar baarmoeder, op 11 weke het sy gehoor daar is nog een. Die tweede eiersel is dus ‘n week na die eerste bevrug en Chantell het dus, nadat sy reeds swanger was, WEER swanger geraak. Minder as 20 gevalle wereldwyd is al hieroor gedokumenteer. Chantell se tweelingseuns is totaal verskillend in voorkoms, bou en persoonlikhede. Sy vertel van haar reis.

Die sonarfoto’s wat die twee fetusse wys.

Colin en Nathan as babas

Colin en Nathan (regs)

Die hele gesin. Chantell en haar man Kevin met hul kroos: van links na regs: Nathan, Colin, ouboet Evan, Chantell en Kevin en heel voor is Chad, die jongste.