‘n Reuse gammaknal; Hittige Venus; die Vredefortkoepel


‘n Reuse gammaknal het onlangs groot opspraak in die sterrekunde veroorsaak. Stefan Lotz van Sansa verduidelik waarom hierdie gebeurtenis so besonders is.

Venus is die warmste planeet van ons sonnestelsel

Venus is ‘n interessante planeet. Hoewel dit die tweede planeet van die son af is, is die temperatuur op dié planeet hoër as op Mercurius wat nader aan die son is. Daar is onlangs bevind dat daar interessante dinge op Venus gebeur.

Die Vredefort-koepel

Die grootste sigbare impakkrater in die wêreld, die Vredefortkoepel, was onlangs weer in die nuus. Matie Hoffman verduidelik waarom wetenskaplikes dink dat die asteroïde wat die aarde destyds getref het, veel groter is as wat aanvanklik gedink is.