‘n Wêreldklas ‘Tech Hub’…in die Karoo


Roslynne Strydom van Piehole.tv

Wat mens hier vind is onverwags. ’n Wêreldgehalte ateljee wat reklame-video’s vervaardig vir die internasionale mark. Onverwags, want die dorp is Somerset-Oos, die Oos-Kaapse dorp aan die Boschberg, en deel van die ruigteveld. Die ateljee staan bekend as die ‘Karoo Tech Hub’. Dié breinkind van twee voormalige inwoners van Somerset-Oos, verskaf werk aan 39 mense, byna almal in hul twintigerjare.
Mari Hudson gesels in My Mooi Dorp met Roslynne Strydom, hoof van Finansies van dié ateljee.

Somerset-Oos Lê aan dioe voet van die Boschberg