Narsis of bloot selfsugtig?


Die Griekse God Narsissus het verlief geraak op sy eie beeld in die water.

Narsisme kan weliswaar hand aan hand kan loop met psigopatiese gedragspatrone (waar sjarme, manipulasie maar ook gradiose planne inderdaad hoog op die lys kan wees van eienskappe), maar as iemand selfgesentreerd of selfsugtig is, is hy/sy beslis nie noodwendig ‘n Narsis nie en beslis nie noodwendig ‘n psigopaat nie. Iemand kan tydelik selfsugtig optree omdat hy/sy seergekry het, of hartseer is, of ‘n swak selfbeeld het, of geboelie is.

Let op dat die lyne tussen al die gedragspatrone uiters fyn is en die diagnose van enige persoonlikheidsversteuring moet deur ‘n psigiater gemaak word, nie bloot deur die individu se lewensmaat wat sommige simptome herken nie. Trap dus baie versigtig voor jy jou eie diagnoses of afleidings maak en as jy wonder, gaan spreek ‘n kliniese sielkundige of psigiater.

In Wie is ek? vra Lise Swart: Wat is die verskil tussen ‘n narsistiese-persoonlikheidsversteuring en iemand wat selfsugtig of selfgesentreerd optree? Dink jy jou verhoudingsmaat is dalk ‘n narsis? Watter rol speel jy in hoe jou lewensmaat hulle narsistiese neigings uitleef?

Meer inligting

Narsis/Psigopaat?

Met die eienskappe van ‘n Narsis en ‘n pisgopaat wat baie ooreenstem, is dié kykie na psigopate insiggewend.

Alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Hulle kom in verskeie vorms – Die sjarmante man wat hom nederig hou en jou oortuig dat jy hom geld moet leen vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan met jou geld verdwyn, of die sakeman wat elke jaar nog tien present van sy werknemers laat afdank vir groter winsgrense, of die goedversorgde vrou met die sagte stem wat almal so perfek om haar pinkie draai dat niemand agterkom dat sy almal manipuleer nie, is almal psigopate. Wat is die eienskappe van ‘n psigopaat? Word mens so gebore or so gemaak? Kan mens verander? Marí Hudson het in Gesondheid op RSG met ‘n forensiese psigiater gesels om die vrae te beantwoord.

Lees ook: Snakes in Suits, want jou slim en ryk baas met grandiose planne, wat met ‘n glimlag en sjarme manipuleer en besluite oor afleggings neem, kan dalk ook ‘n narsis/psigopaat wees.

https://www.rsgplus.org/aktueel/wetenswaardig/die-psige-van-n-reeksmoordenaars/