Nathi se plan vir een nasionale filharmoniese orkes afgeskiet


Streekorkeste is ontevrede met die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, wat planne het om die Mzansi Nasionale Filharmoniese Orkes op die been te bring terwyl daar soveel orkeste is wat finansieel sukkel. Louis Heyneman, uitvoerende hoof van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, praat oor hulle ontevredenheid.