Bennie pak 400km wedloop in die Gobi woestyn


Bennie Griesel op sy gelukkigste

Bennie Roux pak eersdaags die wedloop van 400km deur die Gobi woestyn.

In kort het Bennie Roux al 11 keer die Comrades gedoen en al 5 silwer medaljes gekry (Onder 7h30 en beste tyd 6h52). Maar sy eintlike liefde is vir die berge en voetpadjies, en hy het die Munga 400km in Mpumalanga al 3 keer voltooi en elke keer verbaas gewees om dit te wen ook.

Hy het ook die Addo 100 myl en Karkloof 100 myl voltooi, en is “maar net ‘n sucker vir pyn en as iemand my uitdaag!”

Nou wag die uitmergelende 400km nonstop in die GOBI woestyn – dit word die Dakar ren van ultramarathons genoem (http://www.ultragobi.com/).

Bennie Roux vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Ultra Gobi-wedloop waaraan hy in China gaan deelneem. Die wedloop strek oor 400 km waar jy self moet navigeer en selfonderhoudend moet wees.

En as jy nog gedink het Bennie is nie voorbereid op dié lang wedloop nie, lees net sy hardloop-CV: Bennie Roux Running CV.

Die Gobi woestyn wat wag.

Bennie Griesel op die lang pad.

Wenner van die moeilikste wedloop ter wêreld, die Munga uithou-wedloop oor 400km in Suid-Afrika.

Bennie Roux

Die laaste 18km is die moeilikste – baie uitdagend vir ‘n atleet ná 390 km.

Bennie aan’t hardloop