Die dodelike geheime van Berg Everest


Berg Everest in sy majestueuse glorie.

Saray Khumalo het pas die eerste swart vrou van Afrika geword wat die kruin van die berg Everest bereik het.

Dié Berg van Berge het egter die afgelope weke die lewe van 11 klimmers geëis. Hoe werk hoogtesiekte – of lugdruksiekte? Wat gebeur met die brein en liggaam wat hierdie hoogtesiekte lewensgevaarlik maak? Op watter hoogte kan dinge skeef loop? Hoe moet mens ’n hoë bergkruin aandurf om wel voldoende te akklimatiseer? En waarom kan die sjerpas Everest op en af klim sonder probleme?

Lees meer oor wat gebeur met die liggaam in die Zone van die Dood, meer as 8000m bo seevlak.

https://www.businessinsider.com/mount-everest-death-zone-what-happens-to-body-2019-5?IR=T

Everest se verkeersknoop is in die Zone van die Dood

Dié foto het die erns van die oorvol berg beklemtoon. In this photo made on May 22, 2019, a long queue of mountain climbers line a path on Mount Everest. About half a dozen climbers died on Everest last week most while descending from the congested summit during only a few windows of good weather each May. (Nirmal Purja/@Nimsdai Project Possible via AP)

Die stappers moet in enkelgelid beweeg en kan ure opgehou word by die Hillary trappe.

Moenie dink dit lyk skoon en vars op die kruin van die berg nie. Elke klimmer wil ‘n landsvlag daar los.

En dan is daar die suurstofsilinders wat in die Zone van die Dood agtergelaat word.

Om van die basiskamp op die gletser te kom, moet die ysval van die gletser uitgeklim word. Die gletser beweeg elke dag.

Lang rye klimmers wag op die Khumba ysval.

Tserpas gaan vooruit en maak lere bo-oor die diep afgronde (krevasse) in die Khumba ysval vas. Die gletser beweeg elke dag en dit kan beweeg of inval terwyl die klimmer oor die leer stap. Ysstukke so groot soos ‘n huis kan ook enige oomblik afbreek sodat die klimmer saam met die ys teen die afgrond aftuimel.

Op die kruin van Everest.

Kyk en luister na ons vorige programme oor Berg Everest en oor hoogtesiekte

https://www.rsgplus.org/aktueel/nuus/saray-khumalo-word-1e-swart-vrou-van-afrika-om-everest-te-oorwin/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/so-verander-jou-liggaam-as-jy-hoe-pieke-klim/

https://www.rsgplus.org/aktueel/wetenswaardig/everest-is-nie-speletjies-nie/