Sylvester word 8 jaar oud!


Die bekende wegloperleeu, Sylvester, wat nou rustig in die Oos-Kaap die leier van ‘n trop van 8 geword het, word eersdaags 8 jaar oud.

‘n Leeumannetjie in sy volle glorie. Sylvester word een van die dae 8 jaar oud. Foto: Gerhard de Lange, Kuzuko Lodge.

Sylvester, met sy pragtige donker maanhaar, is nie net leier van sy eie trop van agt nie, maar word ook eersdaags agt jaar oud.

Die leeu, wat eens bekend was ‘n wegloper-leeu van die Karoo, is nou gevestig en gelukkig in sy blyplek by Kuzuko Lodge in die Oos-Kaap met sy trop, en omring met verhale van suksesvolle hervestiging in die natuur.

Sylvester se trop bestaan uit homself, Fielies, die twee leeuwyfies Angel en Nika, Sylvester se twee seuns Gamka en Kambro, en Fielies se dogter en seun, Liam en Cat. Die babaleeus is nou sowat twee jaar oud.

Sylvester (voor) en Fielies is die konings van Kuzuko Lodge. Foto: Gerhard de Lange, Kuzuko Lodge.

Fielies begin met ‘n jagtog. Foto: Gerhard de Lange, Kuzuko Lodge

Sylvester

Die eerste tekens van maanhare by Gamka en Kambro, Sylvester en Angel se seuns.

Kambro. Foto: Gerhard de Lange

Kambro. Foto: Gerhard de Lange

Angel (Sylvester se wyfie) en Nika (Fielies se meisie). Die twee leeuwyfies het ‘n uitsonderlike verhaal van hoe hulle weer in die natuur hervestis is en weer self begin jag het.

Liam, seun van Fielies en Nika, en broer van Cat. Foto: Gerhard de Lange. 4 Sept 2020

Cat, dogter van Fielies en Nika. Foto: Gerhard de Lange, 19 Aug 2020

Nika en Fielies speel-speel. Foto: Gerhard de Lange, Kuzuko Lodge

Lees en luister ook:

https://www.rsgplus.org/natuur/diere/sylvester-op-sy-beste/

https://www.rsgplus.org/natuur/uitsonderlik-2-wees-leeuwelpies-nou-wild-en-self-mas/

https://www.rsgplus.org/natuur/diere/sylvester-se-seuns-word-groot/

Meer inligting oor Sylvester en Kuzuko Lodge:

https://www.kuzuko.com/sylvester/

https://web.facebook.com/pages/category/Photographer/Gerhard-de-Lange-Biodiversity-Images-153575315303971/?_rdc=1&_rdr