Tafelberg en Leeukop brand


Tafelberg brand. Foto: Sanparke.

Minstens 230 brandbestryders en 30 brandweerwaens is op die toneel waar die veldbrand teen Leeukop in Kaapstad steeds buite beheer is. Die brand word aangeblaas deur ‘n sterk suidooster. Brandbestryders van die Tafelberg Nasionale Park en “Working-on-Fire” verleen bystand. ‘n Woordvoerder van die Kaapstadse Metro, Jermaine Carelse het bevestig dat ses brandbestryders beseer en hospitaal toe geneem is. Minstens vier woonplekke en ses voertuie het onder die brand deurgeloop. ‘n Brandweerwa het ook in die slag gebly.

Brand teen Tafelberg en Leeukop

Alle toegangspaaie na die Hoërskool Kampsbaai is gesluit weens die veldbrand teen Leeukop in Kaapstad. Dit geld vir Kloofnekweg by Bellevueweg in die rigting van Kampsbaai, Geneva- en Kampsbaairylane in die rigting van Kaapstad. Dit raak ook Kampsbaairylaan by Dalweg, Kloofnek en Laer Kloof, asook Kloofnek en Nettleton en Victoria en Laer Kloofnek. Minstens 230 brandbestryders en 30 brandweerwaens is steeds op die toneel waar die brand weens ‘n sterk suidooster woed. Ses brandbestryders is vroeër beseer. Minstens vier woonplekke en ses voertuie het onder die brand deurgeloop.

UItgebrande voertuie

Lees meer: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/fire-burning-on-slopes-of-table-mountain-20200315

Uitgebrande karre

‘n Huis aan die brand

Die brand teen Tafelberg en Leeukop

Leeukop brand

Brandbestryders tydens die brande

  • Nog ‘n veldbrand woed buite beheer in die Agter-Paarl gebied in die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder vir die Kaapse Wynlande-distrikmunisipaliteit, Jo-Anne Otto, sê die brand naby die piekniek-gebied aan die Paarl-kant van die berg is laat gisteraand aangemeld. Sy sê die brand het oor die berg van die Paarl-kant na die Agter-Paarl gebied versprei. Otto sê alle beskikbare bronne is ontplooi om die brand te beveg. Daar is tans 11 brandweerwaens en drie grondspanne op die toneel.