Nuus: J&J vaksien; SAL; NW munisipaliteite; Afrikaans by US


Twee miljoen dossise Johnson & Johnson entstof moet vernietig word – hoe sal dit alle lande se inentingsveldtogte raak?

Vrae hang nog in die lug oor die transaksie waarin die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan ‘n konsortium verkoop is.

Verskeie munisipaliteite in Noordwes loop die risiko om onder provinsiale administrasie geplaas te word.

Verskeie partye maak vandag voorleggings aan die Menseregtekommissie met betrekking tot die gebruik van Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch.