Kan korrupsie in SA gestuit word?


Die burgerlike organisasie, Corruption Watch, sê korrupsie binne die ANC kan nie uitgeroei word solank die faksies in die party voortbestaan nie. Die organisasie het gereageer op president Cyril Ramaphosa se brief aan ANC-lede wat uitgereik is. In die brief van sewe bladsye neem Ramaphosa standpunt in teen korrupsie en gee toe dat die regerende party op groot skaal betrek word by die land se korrupsieprobleem. Volgens David Lewis, uitvoerende direkteur van Corruption Watch, sal korrupsie gedy solank die faksies teen mekaar werk. Watter daadwerklike aksies het die president geneem om korrupsie hok te slaan?

Klik hier om te luister na die potgooi van Praat saam.