Nuusbesprekings: Zuma; Vaksien-doeltreffendheid; Munisipaliteite


Hier is ‘n samestelling van die jongste aktuele gebeurtenisse en die besprekings daarvan:

Spektrum: Oudpresident Jacob Zuma probeer sy vonnis tot tronkstraf met nog ‘n regsaksie verydel.
Ons berig oor die rekord hoë temperature wat in die VSA en Kanada beleef word.

Spektrum: Vrae hang nog in die lug oor waarom die polisie nie opgetree het nie teen Zuma-ondersteuners wat inperkingsmaatreëls oortree het. Ons kry reaksie op die verduideliking wat die minister van polisie gee vir hulle gebrek aan optrede.

Nuwe data wys dat Covid-19-entstowwe meer effektief is teen die DeltaPlus-variant.

Praat Saam: Oudpresident Jacob Zuma het ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal ingedien waarin hy vra dat sy gevangenisstraf van 15 maande herroep word, wat die Konstitusionele Hof opgelê het. ‘n Kenner van die Grondwet, Paul Hoffman, sê die kans dat die Konstitusionele Hof sy besluit sal herroep, is baie skraal. Is daar twee stelle reëls wanneer politici by regssake betrek word?

Praat Saam: Jaarlikse onreëlmatige uitgawes by munisipaliteite beloop tans byna R26-miljard, meestal weens nie-nakoming van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Sowat 246 munisipaliteite maak hulle hieraan skuldig. Die gebruik van konsultante bly ‘n probleem omdat dit net korttermyn oplossings vir die vaardigheidheiskrisis bied. In die aanloop tot die munisipale verkiesings bespreek ons die gebruik van konsultante op plaaslike regeringsvlak. Watter impak of verandering maak hulle, al dan nie?