Nuwe geloofsreeks vanaf 6 Julie op Sondagaande
‘n Nuwe geloofsreeks op Sondagaande begin op 6 Julie. Dit is my Kerk deur Flip Loots kan vanaf Julie Sondae om 19:00 gehoor word.
Flip Loots vertel:
“Oor die nuwe reeks het ek gedink om die 13 programme self aan te bied, maar elke keer met ‘n ander verteenwoordiger van ‘n kerk. Die rede daarvoor is dat ek min of meer die verskillende kerke ken, asook moontlike slaggate waarin jy kan beland as jy onkundig is.
“Die idee is ook om dit regstreeks aan te bied sodat luisteraars vrae aan die kerklike verteenwoordigers te stel.
Die gedagte is om die kerke te leer ken, omdat daar meerendeel groot onkunde onder Christene heers oor waarom daar verskillende Christelike kerke is en wat hulle verkondig – ‘n baie sterk geloofs-opvoedende reeks.
Die beplanning vir die reeks is soos volg:
Kerke (Daar is nog BAIE):
- Die Gereformeerde Kerke – waarom 3?
- Die AGS
- Pinksterkerke
- Die Katolieke Kerk
- Die Baptiste Kerk
- Die VGK
- Die Methodiste
- Die Presbeteriaanse Kerk
- Die Lede in Christus
- Die Spade Reën Kerk (Blourokke)
- Die Jehowas Getuies
- Doxa Deo
- Lewende Woord