Luister Sondag na 1e Klassieke Konsertbederf


David Bester

Ons skop Sondag 2 Oktober af met ‘n splinternuwe musiekreeks Sondagoggende net na 10.

In die eerste episode van die reeks kan jy luister na Gustav Mahler se Simfonie Nr. 4, uitgevoer deur ‘n sogenaamde “kamer-reduksie” van 16 instrumente.

Hierdie spesiale weergawe van die Mahler-simfonie is in samewerking van Salon Musiek opgeneem in die SAUK se M1-konsertouditorium by Radiopark in Johannesburg.

Die konsertmeester is die gerekende Suid-Afrikaanse violis David Bester, en staan onder leiding van die dirigent Eddie Clayton.

Later in die werk is daar ‘n solo deur die sopraan Linelle Wimbles-Engelbrecht. Marnus Greyling speel die majestueuse SAUK-konsertorrel.

Dis die eerste van ‘n reeks klassieke konserte wat in die SAUK se M1-konsertouditorium opgeneem is in samewerking met Salon Musiek.

Op Sondag 9 kan jy luister na ons volgende RSG Klassieke Konsertbederf – Salon Musiek se Concerto’s met Kamerorkes, aangebied deur Terrance April.

Die tweede musiekreeks is Liefdesliedjies. Die vervaardiger en aanbieder van dié reeks van ses episodes van 20 November tot 25 Desember is Johann van Lill.

Ons maak binnekort meer besonderhede bekend.