Om te sterf is stil: Wat gebeur as die liggaam begin afskakel?


Ons gesels oor ’n heilige onderwerp – die dood. Is daar herkenbare fases en tekens dat die liggaam begin afskakel? Wat beteken dit? Is daar iets soos ’n opflikkering kort voordat ’n mens sterf?

Marí Hudson gesels met dr Margie Venter, Palliatiewe sorg spesialis van Stellenbosch.
Deel 1: Die proses wat weke vantevore begin

Deel 2: Die laaste paar dae
Marí Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor die laaste paar dae van lewe, oor die fases van dood, die opflikkering kort voor dood en die sien van gestorwe geliefdes voor die stil uitblaas van die laaste asem.