Regsake: Onrealistiese beloftes; verwaarloosde kinders; onwettige oortreding


Igna Klynsmith waarsku teen mense met blink besigheidsplanne wat onrealistiese hoë opbrengste beloof.

Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor vrywarings en waarborge wat in ‘n koopkontrak behoort te wees indien jy ‘n maatskappy koop, veral wat skuldeisers betref.

Igna bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor die bure se verwaarloosde kinders, en wat hom te doen staan.

Est-Marie Callahan praat oor beplande nuwe wetgewing met betrekking tot onwettige oortreding.