Oor sterstringe, presteerders en Betelgeuse


Sondag 23 Augustus 2020

Magda Streicher van Polokwane het saam met Clyde Foster ‘n besondere toekenning van die Suid-Afrikaanse Amateur Sterrekunde Vereniging gekry. Ons praat met Magda oor haar werk, en waarom sy in sterstringe spesialiseer.

Betelgeuse

Kyk hoe klein is ons son in vergelyking met Betelgeuse.

Daar is ook nuus oor die ster, Betelgeuse, wat die afgelope maande tekens van verdowwing getoon het. Sterrekundiges het nou ontdek wat die rede daarvoor is. Betelgeuse is een van groot sterre in die Oriongroep.