Palliatiewe sorg kan kwaliteit van laaste lewe verbeter


Wat is palliatiewe sorg? Hoe goed kan pyn en ander simptome werklik beheer word? Kan dit die kwaliteit van jou lewe verbeter in die laaste deel van jou aardse reis? Begin dokters met dié sorg net as geen ander behandeling jou meer kan red nie? Kan dit tuis gedoen word, of net in ’n hospies of hospitaal? Kan dagga-olie help?

Mari Hudson gesels met dr Margie Venter oor palliatiewe sorg.