Rou plastiek spoel uit op strande, versmoor ons oseane


Maandag 23 Oktober 2017

As jy beplan om binnekort strand toe te gaan, pak sonskerm, ‘n hoed, ‘n strandhanddoek en ‘n sif. Dit is die raad van die direkteur opvoeding by uShaka, Joan Potter. Dit na die groot storm wat in KwaZulu-Natal gewoed het, ‘n vrag rou plastiek in die see laat beland het en spoel nou op strande daar uit. Potter sê die plastiekballetjies wat bekend staan as “noodles”, is dalk nie nou toksies nie maar dit gaan word as dit nie opgeruim word nie.

Plastiekbesoedeling in ons oseane

Dis Wêreld Oseane dag – langs groot dele van ons strande en in die oseaan is besoedeling ‘n taai tameletjie. Dit bedreig die lewe van mens, dier en plant geweldig – en kan van tot krankhede, vertraagde groei en selfs die dood van spesies lei. Rommel strooiery is een van die oorsake van besoedeling. Plastiek is een van die mens-gemaakte stowwe wat graag in die rommel –stroom beland. Annabi Pretorius is van Plastiek SA, sy vertel….

Klik hier en lees die inligtingstuk met skok-inligting  oor hoe plastiek ons oseane versmoor.

 

Plastiek word gehekel

Haidee Muller vind meer uit oor hekel-dekoritems van herwonne plastieksakke – van potplanthouers en mandjies tot matjies. Sakke word op die strand versamel in die Milnertongebied, en verwerk deur hawelose vroue, vir wie werk geskep word.