RSG by die woordfees: ‘n Suksesvolle viering van taal en kultuur


Onder die skadu van die Plataan kon mense asem skep en hul voete rus by RSG. Dit was die elke dag heeldag bedrywig en soms was daar net-net genoeg sitplek. Om deel te wees van die kultuur gemeenskap wat die Toyota US Woordfees vanaf 7 tot 14 Oktober op Stellenbosch  bywoon, is vir RSG van belang. Net soos wat osn programme gevul is met ‘n verskeidenheid programme, net so was die woordfees ‘n borrelende week gevul met keurige kunste.

Dit was ‘n wonderlike geleentheid om RSG-luisteraars te ontmoet en om uitsonderlike gaste te verwelkom. Die woordfees is vir RSG ‘n belangrike geleentheid, omdat dit ‘n ongelooflike letterkundige bydrae aan die samelewing lewer. Ons is dankbaar vir die geleentheid om ons luisteraars in persoon te ontmoet, en ons sien uit daarna om terug te wees in 2024.

Die fees bied ‘n wye verskeidenheid van kulturele ervarings, en RSG het as borg en mediavennoot ‘n besonderse bydrae gelewer om hierdie fees onvergeetlik te maak. Hier is ‘n kort oorsig van die programme wat RSG tydens die twoordfees aangebied het:

Kommentaar, Monitor, Naweekaktueel, en Spektrum: die RSG-span het luisteraars ingelig gehou met in-diepte ontledings van die week se nuusgebeure, plaaslike en internasionale nuus.

Beiteltjie: ‘n Plek waar luisteraars kon ontspan en ‘n keur van die beste radioteaterstukke, dokkies, en ander programme, insluitend Vers en Klank en Kortom kon geniet en bespreek.

Skrywers en Boeke: Hier kon luisteraars die gedagtes en prosesse van skrywers en digters verken, en ontdek wat die skryfwêreld so uniek maak.

Driesestig:Interessante gaste en musikante het die lekker-geselsprogram daagliks by die Plataan geniet.

Vers en klank & Kortom: Poësie en musiek het hierdie geleentheid gevul, wat ‘n onvergeetlike taal- en klank-ervaring gebied het.

Stoepstories: Luisteraars het saam gesels en gelag soos staaltjies en storie juwele gedeel is.

Taaldinge-vasvra met Ina Strydom: ‘n Interaktiewe en gesellige vasvraprogram waar deelnemers se taalkennis op die proef gestel is.

Reis sonder grense: Die program het luisteraars nie net na plekke weggevoer nie, maar ook met musiek trakteer.

Saterdagresep: Die praktiese kosdemonstrasie het luisteraars se monde laat water.

Taaldinge: ‘n Verkenning van die rykdom van die afrikaanse taal en hoe dit oor die eeue verander het.

Hoe verklaar jy dit?: Luisteraars kon hul vrae aan ‘n span van kundiges rig en antwoorde op boeiende vrae kry.

 

Besoek gerus RSG se facebook blad en instagram (https://www.instagram.com/rsg_100104fm/ ) vir al die videos en foto’s van die 2023 woordfees.