RSG Red ‘n plaas camino 14 – 22 April: Amore en kie gaan 166 km in 8 dae stap


Vanaf 14 tot 22 April gaan Amore Bekker en kie 166 kilometer vanaf Williston tot by Verneukpan stap.

Amore, Lindie Stander, Jak de Priester, Elvis Blue en Johannes de Villiers gaan saam met ‘n volle 105 RSG-luisteraars stap.

Alles ten bate van die RSG Red ’n Plaas Camino-projek.

Dié projek het ten doel om humanitêre hulp aan plaasgemeenskappe te bied, ná die jare-lange droogte in die Noord-Kaap en omliggende gebiede. Die droogte is steeds ‘n werklikheid wat baie van ons land se plaasgemeenskappe raak en hier is ‘n geleentheid om jou ondersteuning te wys.

Jy kan ook deel wees van die projek deur van die stappers te borg. Skryf aan marketing@caritas.org.za

Hou intussen RSG se sosiale media-blaaie dop vir die jongste nuus oor die projek!

Besoek https://www.tankwacamino.com/copy-of-tankwa-camino om meer uit te vind oor die camino-roete.

Die glansgans-saamstappers:

Amore Bekker

Johannes de Villiers

Jak de Priester

Lindie Stander

En die glansgans-saamryer:

Elvis Blue

Kyk na die video oor die Noord-Kaap:

Die roete
Williston to Verneukpan

Van Williston tot by Verneukpan

Distance: 166,4 km

8 days of walking; on the 9th day, we will return to Williston

Williston – Start

Day 1.  Orangeputs – 20km

Day 2.  Sandaar – 22,6km

Day 3.  Hottentotskraal – 20km

Day 4.  Haasfontein – 18,4km

Day 5.  Brospanplaas – 20,3km

Day 6.  Janlouwskolk – 25,1km

Day 7.  Zwartkop – 20km

Day 8.  Verneukpan – 20km

Day 9.  Hikers return to Williston on day 9

https://www.facebook.com/pg/CaritasCommunityFocus/

https://www.facebook.com/droogtehulpngknk?mibextid=LQQJ4d

En as jy nie met die RSG Camino kan saamstap nie, kyk net watter ander caminos vir jou beskikbaar is:
https://www.tankwacamino.com/

Hier is enkele foto’s op Tankwacamino se webbblad wat op die Tankwa Camino’s geneem is: