RSG en 7de Laan se Matriekafskeidsprojek kan twee matrieks se drome waar maak


Weet jy van iemand wat graag hul matriekafskeid in 2023 wil bywoon, maar nie ‘n rok of pak kan bekostig nie as gevolg van omstandighede?

RSG en 7de Laan gaan die droom van een seun en een meisie ‘n realiteit maak met die Matriekafskeidsprojek!

Dié projek is Maandag 22 Mei op Op en Wakker geloods en is die tweede liefdadigheidsprojek van die jaar waarby RSG betrokke is.

Luister hier na die potgooi van die bekendstelling van die projek:

 

“Vir RSG is dit wonderlik om ons luisteraars te ondersteun en betrokke te raak by gemeenskappe deur verskeie projekte.” sê Amoré Swanepoel, RSG se bemarkingsbestuurder.

7de Laan se klerekas-afdeling sal ‘n matriekafskeidrok en -pak spesiaal vir ‘n gelukkige seun en meisie maak. Jy kan steeds iemand nomineer.

Stuur jou nominasies na info@rsg.co.za met die volgende inligting:

  • Wie nomineer jy?
  • Wanneer is hul matriekafskeid?
  • Nomineer jy ‘n meisie of ‘n seun?
  • Het jy hul toestemming om hul storie te deel?
  • Skryf ook ‘n motivering van hoekom jy dink hierdie individu hierdie spesiale gebaar van welwillendheid verdien?

Jy kan ongelukkig nie jouself nomineer nie, en die individu se matriekafskeid moet plaasvind tussen Augustus 2023 – Desember 2023,

Die sluitingsdatum is 30 Mei.

Meer inligting is ook beskikbaar op ons sosiale media platforms. Maak seker jy skakel in op Op en Wakker vir die nuutste oor die RSG & 7de Laan Matriekafskeidsprojek.