RSG ondersteun Winterhoop 2021


Die maand van Junie sal weereens die nasionale veldtog genaamd Winterhoop in aksie sien, waar duisende noodbehoewendes nodige hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsegewnde organisasies ontvang.  Die huidige uitdaging van koue word vererger deur die COVID19 pandemie wat kwesbare gemeenskappe ‘n geweldige knou toe dien.  Winterhoop daag die publiek uit om te betrokke te raak deur komberse, warm klere, nie-bederfbare kos, skuiling en veiligheidsmiddele soos maskers, sanitasie- en skoonmaakmiddele te skenk.

Winterhoop is in 2001 begin waar ‘n vennootskap tussen PEN (Pretoria) & MES (Johannesburg, Kempton Park, Kaapstad en Port Elizabeth) gesmee is om gedurende die koudste tyd van die jaar, op nasionale vlak ondersteuning te bied aan hawelose en kwesbare gemeenskappe.  Vandag bestaan die vennootskap uit 4 organisasies waar Torings van Hoop (Bloemfontein) en His Hands (Durban)  deel vorm van die Winterhoop veldtog.

Winterhoop het verlede jaar meer as 2500 komberse, 1500 mussies, 3500 inkopiesakke kos en klere, asook 8000 beddens beskikbaar gemaak teen die koue.  Byna 200 aflaaipunte landwyd sal onder die vaandel van Winterhoop insamelings behartig en versprei na behoewende gemeenskappe.

Winterhoop is trots om RSG as media vennoot te hê vir die 2021 veldtog.  Hiedie jaar beoog Winterhoop om selfs meer impak te vermag.  Ten spyte van die inperkingstyd wat Suid Afrika tans beleef, wil Winterhoop sy visie tot gestalte bring.  #GeeHoop #GeeWarmte.

Vir verdere inligting kontak:

 

Winterhoop Administrateur:            Cobi Lombard

Heidi Lehodey (koordineerder)

Epos:                                                   winterhoop@mes.org.za

Telefoon:                                            011 725 0001

Webwerf:                                            www.winterhoop.org