SA byekolonies word bedreig


RSG Landbou:

Die werkerbye gaan haal nektar en bring dit na die korf om heuning te maak. Die werkerbye werk hul letterlik dood. Hulle vlieg hul vlerkies stukkend. Teen die tyd wat hulle op die grond na nektar soek, is hulle vlerke al baie uitgerafel.

As jy wil boer, is dit nie altyd nodig om ‘n groot plaas te hê of voltyds daar te wees nie. Hennie Maas praat met naweekboer Jaco Geldenhuys. Hy het ‘n unieke kampstelsel vir sy skaapboerdery op die been gebring, wat hom in staat stel om net naweke sy hand op die boerdery te hou. Daar is ook ‘n gesprek met die graskenner, Fritz van Oudtshoorn, oor die optimale benutting van natuurlike hulpbronne soos weiding. En Lise Roberts gesels met Jan-Hendrik Venter oor byekolonies wat bedreig word.

Lees en kyk ook:

https://www.rsgplus.org/natuur/diere/die-sosiale-rangorde-van-bye-is-kommunisties/

https://www.rsgplus.org/natuur/heuning-van-giftige-plante-veilig-vir-die-mens/