SA dokters se Salomo-besluit: hulle plant HIV+ lewer in kind oor


Maandag 8 Oktober 2018

Die wêreld se eerste lewer-oorplanting van ‘n MIV-positiewe ma na haar kind, wat nie die virus het nie, is in Suid-Afrika uitgevoer. Daar is regoor die wereld daaroor berig. Die medici het die operasie duidelik nie sonder wroeging gedoen nie en ook binne die konteks van ‘n desperate situasie – trouens hulle het die besluit beskryf as ‘n Salomo-besluit. Anita Visser het met Prof Anton van Niekerk – die hoof van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch – gepraat.