SA honde by Skaaphond-wêreldkampioenskap in Ierland


Vier wollerige, langhaar Suid-Afrikaners gaan Ierland toe om aan ‘n eiesoortige wêreldkampioenskap vir vierpotiges te gaan deelneem.

Dié werkende skaaphonde gaan meeding om die titel as die wêreld se beste skaaphond. As ‘n mens eers ‘n opgeleide skaaphond in aksie gesien het, verstaan jy hoekom hulle as een van die slimste honderasse in die wêreld beskou word, en nie altyd tevrede is om net ‘n tennisbal te gaan haal en vir jou terug te bring nie. Pierre Strydom het twee honde wat vanjaar aan die kampioenskap in Ierland deelneem. Andrew Philip se hond gaan ook daar deelneem. Andrew is die president van die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging.