SA saffraanbedryf ontwikkel verder


Saffraan

Planne vir die ontwikkeling van die plaaslike saffraanmark is goed op dreef, en kan daartoe lei dat Suid-Afrika ʼn beduidende produsent en uitvoerder van die produk (by verre die wêreld se duurste spesery) word.

Dis goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie aangesien die uitvoer van saffraan ʼn waardevolle bron van buitelandse valuta kan wees. Dit kan terselfdertyd help met die vestiging van opkomende, kleinskaal boere. Voorts bied dit kommersiële boere ʼn alternatiewe, gediversifiseerde bron van inkomste, veral in die lig van immer veranderende weerpatrone en marktendense, asook ander veranderlikes wat inwerk op boere se bestaande bedrywighede.

Bennie Engelbrecht, ‘n stigterslid en direkteur van Saffricon, deel goeie nuus oor plaaslike saffraan wat onlangs ‘n internasionale veer in die hoed gekry het.