SA speel al groter rol in ruimtetegnologie met Dart en Artemis


Suid-Afrika word stadigaan ‘n groter speler in ruimtetegnologie. Afgesien van ‘n paar satelliete wat al gelanseer is, het ‘n Suid-Afrikaanse produk ook onlangs ‘n rol in die Dart-sending gespeel. Nou is die klein Matjiesfontein gekies om hulp te verleen met die Artemis-sending na die maan. Die hoof van NASA se kommunikasie-afdeling, Bardi Younis, wat verantwoordelik is vir die kommunikasie tussen die aarde en satelliete, vertel meer.

Die span praat ook oor die reuse gammaknal wat deur ‘n Suid-Afrikaanse ontvangstasie op Marioneiland waargeneem is.