S&B in gesprek met Antjie Krog
Ilse Salzwedel gesels met Antjie Krog, een van ons land se mees bekroonde en veelsydigste digters en skrywers, oor haar outobiografiese roman, DIE BINNERYM VAN BLOED, wat onder andere die komplekse verhouding tussen haar en haar skrywer-ma, die ewe bekende Dot Serfontein, verken. Johan Myburgh praat oor die wenners van die International Booker vir vertaalde werk (HEART LAMP), asook THE ADVERSARY, wat met die Dublinprys bekroon is.