Selfverdediging met Martelize


Francois du Plessis

Martelize Brink besoek Francois du Plessis se karate-dojo vir wenke oor hoe om jouself uit verskillende posisies te verlos tydens ‘n aanval. Die fokus is meestal op wat jy met jou hande kan doen indien jou bene buite aksie is.

Sy vertel waarom sy besluit het om self ‘n selfverdedegingskursus by te woon:

Sy deel haar selfverdedigingslesse in 9 aflewerings met video’s en klank. Hier is al die lesse.
Deel 1: Sy leer hoe om ‘n aanvaller te keer wat haar met ‘n mes wil steek of slaan.

 Deel 2: Sy leer hoe om haarself uit ‘n wurggreep te bevry.

 Deel 3: Sy leer hoe om te reageer wanneer iemand haar aan die bors gryp.
 Deel 4: Sy leer hoe om haar self te verdediging wanneer iemand haar van agter wurg, en sy nie staande kan draai nie.

 Deel 5: Sy leer watter sensitiewe areas sy op moet fokus vir ‘n teenaanval.

 Deel 6: Sy leer hoe om haarself op die grond uit ‘n wurggreep te kry.

 Deel 7: Sy leer hoe om haarself op die grond uit ‘n verkragtingsposisie te kry.

 Deel 8: Sy leer hoe om ‘n vuis te maak.

 Deel 9: Sy leer hoe om haar elmboog te gebruik om ‘n aanvaller te beseer. Francois verduidelik ook hoe belangrik oefening van die tegnieke is, en dat jy die tegnieke kan kombineer.