Luister weer: Seunskoor – wat dit beteken om ‘n Drakie te wees


Die wêreldbekende Drakensberg Seunskoor vier vanjaar hulle 50ste bestaansjaar. Die skool het in 1967 begin met 20 seuns, en 50 jaar later spog hulle met 120 seuns van graad 4 tot graad 9. Die woord broederskap word graag deur die onderwysers en die seuns gebruik om hulle verhoudings te beskryf.

Vir twee dae het Christelle van Tonder tyd saam met die seuns spandeer en uitgevind wat dit beteken om ‘n Drakie te wees.

Donderdag 27 Julie 2017

Die Drakensberg Seunskoor tydens ‘n uitvoering van WA Mozart se “Misericordias Domini”.