RSG by die Woordfees!


Die Toyota US Woordfees word vanjaar van 6 tot 15 Maart op Stellenbosch aangebied en RSG is daar. Dis regtig ‘n unieke kunstefeeste in ’n pragtige dorp wat lekker mense en kunstenaars bymekaar bring. Met meer as 1 000 aanbiedings op die program is daar baie om van te kies. Jy kan die volledige program hier aflaai en sien wat mense soos Deon Meyer, Herschelle Benjamin en Veronique Jephtas voor uitkyk.

RSG by die Khaya

RSG is by die Khaya in die middel van die fees. Bly op die hoogte van aktuele sake met regsteekse uitsendings:

  • Kommentaar (8 Maart 20:00 – 21:00)
  • Monitor (9 – 13 Maart 06:00 – 08:00)
  • Praat Saam (9 – 13 Maart 08:00 – 09:00)
  • Spektrum (9 – 13 Maart 13:00 – 14:00)
  • Naweekaktueel (14 Maart 12:00 – 13:00)

Johan Rademan, Martelize Brink, Haidee Muller en Magdaleen Krüger is ook daar met spesiale uitsendings op Sondag 8 Maart (10:00 – 12:00) en Saterdag 14 Maart (10:00 – 12:00).

Woordfees 2020

Daar gebeur baie by die 2020 Woordfees. Teater is altyd groot – daar word 60 stukke opgevoer waarvan 24 debuut by die fees. Kyk uit vir die Fringe program (vir die avontuurlustiges) alsook die Kinderfees vir kleintjies. Die Skywersfees is ‘n immergewilde reeks aanbiedings, aangevul deur die Boektent en die ATKV Boek-oasis. Die Filmfees sluit vertonings van KykNET se 2019-Silwerskermfees tesame met ‘n verskeidenheid ander in.

Die Woordfees se visuele kuns program is altyd ‘n hoogtepunt. Gerhard Marx is vanjaar se feeskunstenaar. Daar is ‘n rits kursusse wat wissel van skryf-, film en algemene kennisuitbreiding. Die Diskoers gesprekke en debatte oor aktuele kwessies is altyd interessant. Die musiek aanbiedinge wissel van populêr tot klassiek, daar is komedie (Stand-up in die program), spesiale geleenthede soos die Langtafel, ’n Wynproe-safari en straatsoirée. Dans word vanjaar as volwaardige, nuwe kategorie ingesluit. Klink hier vir die volledige program.

Let ook op die volgende vir vanjaar se Woordfees:

  • Parkering in Stellenbosch kan moeilik wees. Gebruik gerus die gerieflike pendelbussies by die Jan Marais Park en Van der Stel Sportgronde.
  • Die Toyota-Tawwe 10-kaartjies bied goeie waarde geld.
  • Die Boektent en ATKV-Boeke-Oase is weer op die grasperk voor Wilgenhof.
  • RSG saai weer vanaf Die Plataan uit.
  • Uitstallings wat deel is van die Visuele Kuns-program, is te sien in die Stadsaal, met die uitsondering van feeskunstenaar Gerhard Marx se uitstalling en installasie Vehicle in die Landbousaal.
  • Die Fringe Fees word op Monica-koshuis se tennisbaan aangebied. Ondersteun asseblief ons jong kunstenaars!
  • Die Toyota US Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart of gebruik SnapScan.